Sunday, June 13, 2010

who is who

Ronel kla my Blog is leeg... :-)

As mens by die huis (met fam en vriende) kom, kom mens agter om te praat van Lilly, Keith, Pearl, Hennie, Andrew ens. raak alles bietjie deurmekaar, en jy moet jouself so baie keer onderbreek om te verduidelik wie nou eintlik wie is, dat mense belangstelling verloor voor jy nog klaar is met die into's.So hier volg 'n paar voorstellings.

My Buurman, Hennie Moeken. Hy is 'n relatiewe nuwe Tzaneener, wat nie te lank gelede homself hier by ons kom skaar het nie. Hy het aanvanklik ingetrek waar ek uitgetrek het by Bernard van den Dool hulle, maar na so maand of twee was dit weer tyd vir relokeer, en nou
bly hy langs Ouma daar by ons tussen die piesangs. Wat maak hom 'n uitstekende buurman? Hy hou van kook!!!! Yippee, jayy, juaaai! Hy speel ook Guitar, en het onlangs vir Thomas ('n lang-haar worshondjie, ja) huistoe gebring


Hier is darm ook 'n minder ernstige foto van hom.




My gesin weg van huis, die Mlangeni's. Ongelukkig was Hlamulo nie daar vir hierdie foto nie. Nic, Pearl, Dad, Mom, Brian, Kevin and Keith. Nic werk vir MTN en is gereeld die wereld oor. Brian het onlangs pa geword, en Kev studeer nog. Hy is 'n Rapper, en staan ook bekend as Lake Flow. Hulle al 3 bly in Jozies. Pearl werk by Standerd bank, en Keith en Mulo is alby in matriek by Merenski. Pearl, en Brian sing ook. En Keith glo hy kan alles doen.

Pearl en Keith





Too be continued...

No comments:

Post a Comment