Sunday, June 13, 2010

...who is who continued (2)

Pearl bly saam met Hilary en Lilly Schiagitema van Zim. Hulle woonplek staan ook bekend as die Power House, en almal is welkom. Dit is verseker nie 'n stil plek nie, en sommige mense kuier gereeld tot onaardse ure van die nag daar, tot die bure se frustrasie. Hillary is ons Scribe, en jy moet versigtig se, want "if it is written it was said". Lilly (tot ons almal se groot vreugde) het onlangs begin werk as die twede Jeug-werker by Merenski Hoerskool net buite die dorp, na lang dae se gavangeneskap by 'n klein MTN winkel om die hoek van Spar. Sy het 'n ongelooflike kennis van die Bybel, en Insig en openbaring daarin en daarvan. Sy is meer as net 'n waardevolle werker in die Koningryk.


Lilly werk saam met Willem Smit, die ander Jeug-werker in Merenski. Hy het 'n jaar en 'n half gelede matriek gemaak by Ben Vorster. Hy is een van baie Smitte... Annemie is sy jongste sussie, en ook die jongste lid van die Just groep. Just is 'n groep van 6 skool-kids wat commit het om die jaar te dien by die kerk. (lees meer in 'n vorige inskrywing). Sy is tans in gr. 9 in Merenski.

Sewela en Hlamulo is die ander twee dames van Just, en beide in Matriek. Ek het ongelukkig nie 'n foto van Mulo nie. Sewela is seriuos oor wiskunde, en spandeer ure daaraan. Sy is ook die enigste Just lid in Ben Vorster...
Die 3 Just ouens (Keith (gr12), Stanley (gr 11) en Thabo (gr 11)) is al in 'n vorige inskrywing gelog. Saam met die verduideliking wat Just is. Just is Great. George is baie keer in diens van Just, en love dit om hulle rond te ry. Ek sal met hom moet praat daaroor.
Ek en George gaan Rover nog so af en toe, maar niks te ernstig nie. Ons hou nog daarvan om die pad te vat soms, maar kry baie min tyd daarvoor. Daar is so baie mooi plekke om te ontdek.
Shawn en Maryna, die Jeug mense van die Kerk. Shawn is 'n haarkapper, skateboarder, en 'n hoenderboer. En Maryna is verwagtend met hulle 4de kind, Leah. Hulle is cookoo crazy mal, en ons LOVE hulle.


To be continued yet again...

No comments:

Post a Comment