Thursday, May 20, 2010

een pot-slag

Dit is hoe 'n enkel lyk nadat dit in kontak was met 'n harde ronde voorwerp wat teen 'n redelike spoed oor 'n relatiewe kort afstand trek. Die goeie nuus is dat my Linker Agter speler wel kan mik (aangesien ek in die goalboks was ten tye van hierdie voorval). Ongelukkig moet ons werk aan sy sig, luistervaardighede en ons verhouding (vir ingeval dit dalk opsetlik was :-)

En dit is hoe die selfde enkel 3 dae later lyk.
Geukkig het hulle opgemaak daarvoor deur hulle volgende wedstryd te wen, en hopelik dra die goeie geluk oor na vandag se wedstryd. Ongelukkig het een van die key spelers sy hand gebreek met 'n vriendskaplike wedstryd gister teen die meisies. En hulle se Hokkie is nie 'n kontak sport nie...

No comments:

Post a Comment