Sunday, June 13, 2010

who is who continued yet again (3)

Ryan en Veronica Nell het vroeer die jaar getrou, en Ryan het voor my gebly waar ek nou bly. Hulle het nou die afgelope twee weke Hoedspruit toe getrek (Kampersrus). Ons mis hulle reeds.







Marli ?van Graan? en Elmi Eksteen het beide verlede jaar Fisio klaargemaak by Stellenbosch, en doen hulle gemeenskapsjaar by Barberton en Ermelo onderskeidelik. Hulle ervaar baie wat ek en Dan verlede jaar ervaar het, en doen elke ander naweek iets crazy en fun. Dis net jammer ons is steeds nie nader as so 4 ure se ry van mekaar nie (Verder vir Ermelo). Marli het saam kom verdwaal in die Drakensberge in April, en ons was onlangs almal saam in Sabie.






Kulu en Alti











Andrew Mullek het 7 jaar gelede van Alabama USA oorgekom met die Peace Core, en toe sy vlug terug gemis. Hy bly in Duiwelskloof, so 30 km van Tzaneen, en werk by 'n Christen skool King's Court en by 'n gemeente daar. Ons het op 'n stadium baie saam gefiets, en hy was ook saam in die Drakensberge. Hy voel sy roeping le in moontlik in Ethiopie, en wag nog vir verdere instruksies.

Andre Snyman sal sy eie kinderhuis aaneem as hy kan. Hy het onlangs van werk verander en werk nou op 'n lemoen plaas naby Lesetele, net buite Tzaneen. Hy is 'n gebore preker (soos hy se, selfs voor hy gered is al), en hy en sy ousie is beste vriende. Hulle sing blykbaar heeldag halleluja liedjies as hulle saam by die huis is :-)



En Ane werk saam met my by die skool. Sy gee Wiskunde en Skeinat

So ek hoop (vir die familie en mense hier onder tenminste) dat julle nou meer van 'n prentjie het van wie wie is... Nou gaan en nie meer onderbreek en probeer verduidelik nie. As jy nogsteeds nie weet nie, lyk dan of jy doen, en probeer die storie volg :-)

No comments:

Post a Comment