Monday, April 12, 2010

In Transit

Na die groot trek van huisie A na huisie B, en na die Maandag uit met die JUST groep, klim ek toe Dinsdag in ou George en ry die 4 ure af na PTA, waarvandaan ek die volgende oggend vroeg op 'n bus klim Pietermaritsburg toe. Dit was lekker om met my fam in PTA te kuier, maar ek dink hulle gaan begin moeg word vir die mal van den Dool wat altyd net vroeg in die oggend of laat in die aand wil travel. Publieke verveor in SA is maar altyd 'n ervaring, en alhoewel City to City soms Mercedes Benz busse huur om op te maak vir busse wat uit aksie is, is dit nie altyd die geval nie. Die bus wat my PMB toe gedra het was 'n Mercedes Benz een, maar die een terug was vars uit die Transkei, en ek dink sy oorsprong (of bus-huisie of Terminale) is dalk van Umtata. Hy het nie so mooi afgesteek teen die wit Mercedes busse wat so uur vroeer ook terug PTA toe gery het nie. Ek het amper op een van daais gekom (aangesien my bus teen daardie tyd al 'n uur en 'n half laat was!) maar ek moet belei, die brokkie inligting dat ek moet wag vir my bus wat van Umtata af kom het nie behoorlik vasgesteek nie. Anders sou ek dalk meer aggresiewelik probeer het om 'n plekkie op die wit bus te kry. Afrikan Travel is eintlik lekker, en verseker baie goedkoop, maar as die ou skuins after jou besluit om homself te beskyt, raak alles ondraaglik. So van 3uur die oggend ry ek toe maar met my top so 2 keer om my gesig gedraai (wat nie veel gehelp het nie) en bid dat die 4 ure PTA toe alles in die volgende 10 minute wil verbygaan. Ag, ons LOVE Afrika.

Hoekom was ek PMB toe? ..... (vervolg hierna. Watch this space)

No comments:

Post a Comment