Tuesday, March 30, 2010

ons maandag uit


Ek gaan bitjie afwyk van die kronologiese orde, en eers maandag se bedrywighede verhaal voor die storie van die Groot Trek.

By die Kerk het ons begin met 'n groep van so 5 skool kids wat ons die JUST groep noem (Juniors Under Serious Training. Dis maar net 'n geleentheid om meer in hulle lewens in te bou, en leiers op te rig. Dis kids wat erenstig is oor hulle verhouding met die Here, en wat meer wil connect. Dit fokus ook op diensbaarheid, so hulle kom vroeer jeug toe om te help opstel ,doen die snoepie by die jeug, kom vroeer kerk toe om te werk in die boekwinkel ens. Hulle kom ook elke Vrydag middag 4:00 na Shawn se Winkel toe dan kyk of luister hulle leering saam, en ons bid bitjie saam en so. Ons ken hulle ook al redelik goed van die jeug af, en dis 5 pragtige kids. Daar is een gr 9 meisie, 2 gr 11 ouens, en twee gr 12 mesies. so dis die agtergrond.


En dit is ons (leiers en young adults) se vooreg om met hulle te hang, so ek en George het hulle gister uitgeneem eers na Coach House (my favourite hotel) se Nougut fabriek toe, waar ons verniet Nougut gekry het, en daarna na Debangeni (so baie mooi waterval met braai plek ens) waar ons die hele dag gehang en gaan stap het. Nog 'n vriend Keith het ook saam gekom, en Maryna en Shawn se oudste dogter met haar Biologiese pa wat van Engeland af kuier. Hy kuier nou vir 2 weke, en Shawn en Marna probeer natuurlik elke geleentheid benut om in sy lewe in te bou. Hulle sit gereeld tot 4 in die oggend en chat, so ek het een moee Brit, n paar avontuurlustige kids op my hande gehad:-)

Stanley, Keith en Thabo



Dit was maar 'n gesquash met almal in George, maar ons het dit baie geniet. Die 3 veral... Hulle het gestry oor wie die sakke mag dra, want hulle wou lyk soos travelers ;-)

Ek gaan nou eers in die kar klim, bis en PTA toe ry. Kom ons hoop George kry my daar.





No comments:

Post a Comment