Tuesday, February 9, 2010

klaasvaaltjie en die omroeper

so ek en Andrew ry toe so vroeg vroeg (moes so 4h al opstaan) sondag oggend van Sabie af terug waar ons lekker getube het die naweek saam paar vriende en nuwe kennise. Ons het 'n staande ooreenkoms wanneer ons fietsry dat hy praat as ons optraand ry, en ek as ons level of af ry, maar hy het seker agtergekom 4h is vroeg en ek het wakkerbly nodig, en hy het getrou een lang stroom gesels aan die gang gehou. (ek het my kant gebring daarin dat ek koffie voorsien het op so onmenslike uur, en dit met kole en 'n uitmuntende Stoeroe Guru). Die feit dat die kole nog gloeiend warm is seker 'n aanduideing dat die res van ons partie nie te lank gelede eers bedtoe is nie. Ek het soos 'n Fraigt Train gevoel so vroeg in die oggend, met George wat gladnie elegant kan optree nie. SO alles was 'n gebang en gebrom. GElkkig het ons die vorige aand gedink om teen ''n hewel te gaan stop, en kry ek George toe net-net aan die brand gerol voor ek uit helling uitloop. (ja, sy battery gee nou ook probleme. sug.) Die naweek was Great, en het baie oud Tygerbergers gesien, en nuwe mense ontmoet. Sabie het elke jaar dietyd so tubeing naweek, waar almal optrek na Merry Pebble's kampeer terein, en die naweek o pen om die rivier spandeer. Elke bande plek maak dan pomp stalletjies, en probeer hulle ou binne bande verkoop. Dit was soos 'n massive studente saamtrek, net niemand was studente nie!! sal 'n foto of twee post as ek die goed van my kamera kan af kry.

No comments:

Post a Comment