Dit wemel van die kinders hier buite. 'n See van rooi truie en rooi check rompies.
Maar dit is die pas wat ek huistie ry. Eg soos ek is, het ek sommer my tuiste so (tussen)deur die blare gemaak. Ons stamp en stoot maar so die pad huistoe elke dag.
Die man met die krokkedelplaas hier langs ons plak gereeld die pad bietjie aanmekaar, maar net tot by sy afdraai (so halfpad by die pad op), en dan is ons maar op ons eie vir die laaste stukkie. Met die baie reens raak die pad 'n daaglikse avontuur, maar ek moet se, met baie minder modder as voor my vorige plaas-huisie. Dis maar net die dongas en die bulte.
Dis my huisie van buite af, soos 'n egte arbeidershuisie. Net agter my is oom Neil in sy huisie, en so 50M regs en bietjie na agter is Ouma, en die lee huisie langs haar.
Mr. De Beer wat ingetrek het by Bernard-hulle die dag toe ek uitgetrek het gaan miskien in die lee husie kom intrek langs Ouma, so dan het ons tenminste iemand wat kan help met algemene ridder-op-die-witperd-take. Soos wasgoed-drade styf draai en so.
Ons bly lekker hier in Piesang Parradys.

No comments:
Post a Comment