Saturday, April 24, 2010

home theater


Julle moet beleef die setup wat ek hier het. Ek sluit altyd my data projektor by die skool toe in die hoof kantoor se kluis aan die einde van die skool dag, maar so af en toe is ek te laat opgepak en is die kantoor al toe en die tannie al weg. So dan is ek die gelukkige oppasser van my projektor. En aangesien dit 'n lieflike laaaang naweek is, en my verjaarsdag toevallig more is, is dit 'n gulde geleentheid vir 'n bietjie van 'n home theater. En met my nuwe speakers, werk dit priema.

So hier kan julle sommer die sitkamer en ingang daar agter die gordyne sien op regs (dis so groterige skuif-deur), met die bank wat ek van die De Meyers leen wat hier in die hoek uitsteek. Ek het ook 'n MTN modempie by maryna gekry waarvoor sy nie genieg syn hier by die pad af optel om te kan gebruik nie. So is lekker connected, op die grootskerm, in my sitkamer, met die reen wat hier buite val. Dit reen al heel week aan en af, met tye wat daar erge buie val (mense was al bang vir 'n herhaling van die 2004 vloede wat ons cinema geneem het), en dit is gladnie bevorderlik vir my wasgoed op die draad nie.


Ek bly hier so tussen die pieangs, maar die foto wat ek geneem het om hier te wys is nou eers op my kamera, nie op my foon nie, en my kaartleser is nou eers in een van die kantore toegesluit. Maar hier is my kombuis. (Dit is nou so skuins links agter die bank in die vorige prentjie.) Ons gaan binnekort nuwe rakke laat inbou soos in my vorige huisie, die wat dit al gesien het, en 'n counter.
Ek sal meer prentjies oplaai, waneer ek eers weer my kamera aflaai.

No comments:

Post a Comment