Wednesday, April 14, 2010

Hier kom daar toe 'n Ding, en die Ding was toe die Draak

Die Bus was om na en van PMB te kom. Dit is voordelig om 'n goeie vriend, met uitmuntende organiseringsvaardighede te he wat so op die voorstoep van die Berg bly.


Donderdag het ek en Andrew met Leon se Malvalekker Kar gaan meander op een van die vele meandering roetes in en om PMB. Dis regtig 'n baie mooi stad, en die platteland daarom is beautiful. Ons het ook gaan kyk by die magtige Hillton College. Alhoewel die gronde die moeite werd is, hoop ek regtig die kids kry 'n 5 gang maaltyd vir elke ete teen die fooie wat hulle moet betaal om daar te skool.


Vrydag oggend vroeg is ons toe kaart in die hand en rugsakke gepak met 'n verskeidenheid van wankelrige tentjies (Julle weet ek verjaar een van die dae... ;-), en 'n paar dagstappers (wat geweier het om ons pakke te dra: useless;-) by Monk's Cowl uit oppad na die voet van Grey se pas. Al wat ek sal se oor Greys is: EXPOSED. Super so. Dit was beautiful, baie opdraand, met 'n Helslike aftraand in die ander rigting. Ons was almal baie bly die reen van die vorige aand het opgeklaar, anders was die gly na onder nog meer 'n werlikheid as wat dit reeds was.

Die koue bo en onder die eskarp was genoeg om my van enige geneigtheid tot bad af te sit, so dit was 'n lekker varkie toer. Vuil, maar lekker. Soos dit hoort.

Mhh. So toe bevind ons onself aan die bo punt van Ship's Prow. Seker van julle mag dalk wonder hoekom, veral nadat so paar mense in die verbygaan gese het "dit lyk erg daar af", maar soos Leon se, as hy al uit alles moes bly waarvan mense jou waarsku, was hy al op baie min plekke. Ons het ook maar net betyds die bokant van die boeg bereik, want toe trek die mis toe, wat vir die eerste deel noggal 'n seen was. Dis beter om net die rots-paadjie voor jou te sien. Maar tiepies soos dit hoort, met ons eerste behoorlike breuk, skuif die mis so wyle opsy,en kry ons die mooiste uitsig oor die kloof onder die boeg wat mens jou kan voorstel. Effens dieper en langer as wat ons verwag het, maar ongelooflik mooi. In die 2 minute wat dit Leon toe neem om op die rots-koppie te gaan staan en die pad vorentoe te betuur, trek alles weer toe en is dit net ons en die wit-lig. (2 fotos letterlik 2 minute uit mekaar geneem).

Julle moet vertaan, teen hierdie tyd was daar reeds 'n verspreiding van gewig tussen twee minder dapper-stappers en van ons se rugsakke. So toe ons onder in die kloof kom was almal se bene effens wankelrig, en het ons gelyk soos 'n groep dronk rivier-boewe. Dis die aardigste gevoel om so heen en weer te val om elke hoek en draai, sonder dat jy seer in jou bene het. Dis net jellie. Ek het baie geleer van daardie kloof, want met midagete dog ek ek het twee sponstokkies vir bene. Maar toe sak een van ons stappers amper in mekaar., en raak alles 'n nou-aan-hou en uit-hou speletjie. Ons het reeds stadig gevorder om die groep bymekaar te hou (tot ander lede se uiterste frustrasie), maar toe moes ons planmaak. Want die arme chiekie kon dit nie meer regop hou oor die klippie en deur die ruigtes nie, en het somige dele letterlik deur die kloof gekruip. Haar sak is heeltemal opgedeel, en nouja, meine, Andrew en Leon sin nog swaarder. En Ulien sin was net van die begin af swaar want sy is yster en het reeds baie gemeenskaplike toerusting en kos gedra. Rory het ook swaargekry, so hy moes maar aan ploeter.

So halfpad by die kloof af, sien ons hierdie kom nerens, en is die besluit geneem dat die enigste half-gaanbare pad af is maar om almal knie-diep in die rivier te spring, en met die rivier af te slof, gly, klouter en soos Liezel, soms te swem. Dit was baie avontuurlik, maar ons wedren teen tyd was reeds aan die gang. En dis nie al nie, want net voor skemer en met die laaste lig om tussen die ruigte en die mis voorentoe te tuur, is besluit om die groep in twee te verdeel, met kamp gereedskap vooruit, en 'n kruipende en sylende stapper agter. Maar soos die pad af, is die kam-plekke in Ship's Prow alles 'n illusie. As mens van bo 'n uitsig oor die kloof kon gehad het, sou jy 8 bobbende liggies gesien het, wat elke nou en dan eweskielik dip of verdwyn, gevolg deur 'n paar harde woorde. Dan sien jy die liggies staan almal so bietjie stil, en gaan maar weer voort. Totdat die mis en die reen alles weer uitvee. Want 10 uur die nag, na 'n lang gesukkel om 'n gelyk-genoeg area te vind om 4 tentjies op te slaan, slaan daar toe 'n storm neer. Ek kan daarvan getuig dat om jou tent bo-op (of rondom) 'n paar groot klippe te drapeer nie die gemaklikste is nie. (Dis nog minder van 'n moontlike taak in die gietende reen met tente wat waterdig gemaak moet word met survival bags en duct-tape.) Maar ek kan ook vir jou se, dat so tussen en op daai klippe, een agter my linker skouer blad, en een teen my bors, met by kop na onder gerig en my voete op 'n klip-kussing, het ek die lekkerste van al die aande geslaap. Dit was soos om op watte te le. Anders as die Prinses met die ertjie, het ons wel 'n lieflike nag-rus gehad, maar dieselfde as daardie einste prinses, kon ons nie die volgende oggend die pimpel en pers kolle verklaar nie...

Ons is die volgende dag in die reen voor eerste lig wakker, en net toe dit lig genoeg is om die rigting vorentoe (maklik want dis nog alles af) te bepaal, is ons in 'n rekort tyd van 40 minute opgeslaan en oppad (vorige dae het ons met 'n rustige 2 ure opstaantyd gespeel). Dit was weereens 'n avontuur, met paaie wat ons ontwyk en riviere wat effens voller is as gewoontlik, maar uiteindelik is ons op die kontoerpad, en is ons met moee voete en swaar pakke die laaste stylte af. So inplaas van 1uur uit, is ons teen 3uur uit die berg, met trug skarrel, natgoed pak, en terug op die bus.

Dit was 'n ervaring, maar nou weet ons ons kan. En soos daar 'n bordjie bo op Tafelberg se Indain Window roete is wat lui "caution, this is not the easy way down", dink ek ons moet dalk ons bordjie bo Ship's Prow gaan plant.

As enige iemand dink daaraan om Daardie spesifieke roete af te stap, maak seker jy neem water-skoene saam, klein tentjies wat sussen die rotse kan squash, masjeties, langbroeke en beplan om dit eerder in 3 dae as een af te stap. Wees ook gereed om geen pad, en geen duidelike kaart-roetes te vind nie. Maar dit is ontsettend mooi...

En afgesien van al die af-valle en meoilike opstane, en loop teen grashellings op paadjies so dun soos jou twee voete voor mekaar, is daar geen erger beserings opgedoen as seer spiere en gebreekte ego's nie. En mense swik hulle voete en draai hulle kniee op gelyk paaie. Ek kan net se, die Here is magtig en goed.



1 comment:

  1. Haloo! T Marinda was geskok toe sy hoor julle is met Ship's Prow af. Sy se mens doen dit nie, dit is lewensgevaarlik! How come dat julle mense saamgenooi het wat so onfiks is?

    ReplyDelete