Friday, March 19, 2010

Ome Ollies


Ja, ek sit op 'n Olifant!!


Die Wilde Afrika waarvan mense so praat...


Ek moet belei, om op 'n olifant wat luister as jy hom agter sy oor kiellie met 'n stok en se hy moet links/regsdraai, en wat stilstaan as jy se hy moet, om op so Olifant te gaan rond ry laat mens soms wonder oor die outoriteit van die mens oor natuur, en of ons reg speel daarmee. Maar toe my vriendin Lilly vrydag bel en vra wat maak ons more, en se ons kan VERNIET so bietjie met die olifante gaan speel... nouja, toe se ek (soos mens kan verwag) heel Eager ja. So toe maak ek, Lilly, Hillary, Alti, Waldi en Elmi die +- uur uitog na anderkant Moeketsie om die Olifante te gaan Groet. Almal so lekker opgesquasch in die kar. (Het maar vir GEorge by die huis gelos, want met die luck wat hy deesade het, het een van die Olifante hom dalk gestorm! en Of dit 'n tragedie of 'n seen sou wees kon ek nog nie besluit nie. Dink julle die versekering sal val daarvoor?)


Dit was regtig 'n ervaring om so te pruik bo-op een van die grootste diere van Afrika. Ons het gaan kyk hoe hulle swem, en het daarna terug gery en die beeste terug kraal toe gejaag. Oom Olli is nie die vinigste dier as hy so amble nie, en moet baie aanporring van die trainers kry. En soos tiepiese tiener seuns, moet jy hulle gedurig uitmekaar uit hou. So as die ore so begin wapper...


Die tannie en oom hiet drie kinders, waarvan die een in Botswana/Zambie studeer (M-studies op een-of-ander Bok), een drama studeer in PTA, en een 'n perde-plaas bestuur in Hayzy Veiw. So paar lekker kontakte :-) I
n die aande dan slaap die Olifante in sulke goot stalle (soos perde stalle), en kry hulle 'n paar bome om aan te munch deur die aand. Elkeen in sy eie stalletjie, met sy eie paar Bome, van verskillende geure. Blykbaar moet hulle 24h per dag in kontak wees met mense as hulle inkom, en toe die tannie-hulle na die plaas getrek het van Zim af om die Olifante hier te kom vestig, het hulle as 'n gesin saam met die Oli's in die groot skuur gebly, in hulle eie stal. Interressante mense.


So nou gaan ons in May bietjie vir die perdeplaas ou kuier....

No comments:

Post a Comment