Thursday, February 25, 2010

Tuiskoms, 'n ewige avontuur

Huistoe kom in die aande bly 'n avontuur.
Daar is gewoontlik 'n element van afwagting, aangesien dit so lank voor gewagte gebeurtenis is. Nadat jy donuts in die modder gegooi het, en skied-marks op die oprit gelos het, manouver jy die kar so dat hy met sy snoet teen die heuwel af kyk (vir jump start). Dan wag jy en luister so bietjie RSG/Jackaranda... maak reg vir die challenge. Jy skakel die radio af, die ligte, en trek die handrem styf op en sit die kar in rat (aangesien sy handrem nie meer so betroubaar is nie, en die stylte vir die jump-start is styl). Jy weet dis tyd.
Jy probeer die deur vinnig genoeg oopmaak, jou tasse gryp en op jou voete land buite die motor, maar gewoontlik gebeur dit nie vinnig genoeg nie. So dan moet jy eers die bees van 'n hond oortuig dat hy glad nie op jou skoot agter die stuurwiel kan pas nie, en dat jy dit eintlik nie baie waardeer dat hy dit probeer doen nie (Hy dink jy is net so bly om hom te sien as Hy jou). Afhangende van hoe suksesvol jy in hierdie vase was, is jy nou of vuil, baie vuil, of vieslik vuil (ook afhangende van die modder laag wat die bees van 'n hond daardie dag aan het).
Nou is alles donker (met die ligte af), aangesien jy nie weet waar jou foon (vir liggie-maak) is nie, en jy staan in die reen (as dit so maak). Aangesien dit git-swart donker is, voel- voel jy vorentoe dat jy nie oor die boomstompe, geute of tafels onder die afdak val nie. Ook nie by die stoepie af nie. En nadat jy die masiewe Spinnekop een aand oor die grond sien loop het met die skaduwee wat die hoofligte gooi, is hierdie 'n redelike angstige gebeurtenis. Maar dan is jy verby die gevaar, en staan voor die deur (passop net dat jy nie op die padda trap wat in die poeletjie bad voor die deur nie.)
Afhangende van waar jou sleutels is, probeer jy jou sakke, bagasies en pakkies so balanseer om jou sleutels te soek. Dan voel jy maar watter een op die kleiner ringetjie is , en probeer die gaatjie van die deur vind. Wanneer die deur uiteindelik oopgaan, wonder jy (keer op keer) of jy eerder oor die voetmatjie moet spring, en of die voetjie-voel metode wel die gevaar van 'n slang sal oplos. (aangesien Jy reeds besluit het dat as daar 'n slang is, hy die hitte van die dik, gebreide matjie sal verkies eerder as die harde sementvloer. Maar as jy spring, moet dit ver genoeg wees om nie op sy stert te beland wat dalk van die matjie af le nie). Die 2 waterskydende tree tot by die ligskakelaar.
Binne, ligte aan, en pakkies afgegooi, beweeg jy na die toilet se kant toe. Soos jy gaan, kyk jy op die grond vir Kakkerlakke. Voor die Toilet Gordyn kyk jy eers aan die kant (en nadat jy vinnig deurgeglip het) aan die anderkant, vir spinnekoppe wat dalk op jou wil spring as jy stadiger en niks vermoedend deur geloop het. Dan lig jy die toiletdeksel op, en maak seker daar sit nie 'n padda en loer vir jou nie. Teen hierdie tyd voel jy al baie rustiger, en maak reg vir die bed. Maar voor jy gaan slaap, span jy die muskietnet styf en steek hom tussen die matras en die onderstel van die bed. Want ja, die goggas heir is visious.

No comments:

Post a Comment