Sunday, February 21, 2010


Iemand het my Blogg Duits gemaak! so nou teken ek nie in nie, maar, ek "aan Melden". Vandag 'n bietjie baie gebrand op so middag stappie in Haenertsburg. Een van my Mede Onderwyseresse het vanoggend gebel en gevra of ek haar wil join, so toe veruil ek my plan vir my No1 5ter Hotel vir 'n stappie om my No 1 Begrafplaas. 'n Begrafplaas met een van die mooiste uitsigte wat 'n begrafplaas voor kan vra. Dit was 'n dag vir Ben Vorster Onderwysers om Haenertsburg te gaan stap, want oppad loop ons toe twee van die ander ook raak. Maar het hulle vinnig verby gegaan.

Die platteland se dinamieka werk anders as daar in die stad. Die naaste skool is Merenskie, en moonlik Palaborwa. Dan raak dit plekke soos Nylstroom, Nelspruit, en ja, tot so ver as Secunda!!!!! so dit beteken jy klim 10 30 op die bus, ry 4 ure, beampte heeldag, klim 10 30 weer op die bus, en kom 2:30 (AM!) by die huis. En dit is een van die nader byeenkomste. So Dinsdag ry ons Secunda toe (so 7 ure). (gelukkig is daar TV's en DVD spelers op die bus, so ek wys movies soos Forever Strong, en gaan nog so paar goeies erens uitkrap. Tipiese LO onderwyseres :-)
Ag, die ding wil nou nie dat ek 'n foto by sit. Sal dit maar apart doen.

No comments:

Post a Comment