Wednesday, August 17, 2011

Oom Gert

Geagte Oom Gert*
Ek skryf die brief aan Oom met ‘n swaar gemoed in my hart. Dit het my bygeval die ander dag dat Miekie-muis regerings kom van Miekie-muis leiers, en miekie-muis leiers kom van leiers wat aangestel word wat nie bevoeg is vir hulle taak nie.

Ons sal almal om een vuur sit waneer dit kom by die etiese gedrag van mr. Julius, of ons presedent se uitlatings oor die voorkoming van HIV/Vigs en die voorbeeld wat hy aan sy mense verskaf, of ons dit nou werbaliseer of nie. Alhoewel ons glo in ons land en die potensiaal daarvan, en die toekoms van ons land in wording roep, is ons tog besig om wetend of onwetend aan sy ondergang by te dra. Sommige mense verlaat die land in ‘n poging om van hulle verantwoordelikhede te vlug, maar die wat agter bly moet krieties kyk na die rol wat hulle speel in die opbou of ondergang van ons toekoms.

‘n Demokratiese stemproses van regerings gaan gepaard met ‘n sekere verantwoordelikheid van enige party wat homself wil registreer. Nie net moet hy homself adverteer nie, maar hy moet ook ‘n sekere bedrag betaal en aan sekere voorwaardes voldoen om homself te kan registreer. Dit is ‘n onus wat op die party geplaas word om te verseker dat ons nie weer verkiesing briewe hoef uit te druk wat afrol soos ‘n parkament nie. Ons wil nie die vernedering van ons land in die gesig staar met partye soos die Sokker party, en die Drank is Bo party nie. En daar sal altyd ‘n fragment mense wees wat hulleself in vernedering bring deur vir sulke partye te stem, as nie vir enige ander rede as ‘n delusie van die werklikheid nie.

Ons interpretasie van ‘n demokratiese verkiesing is nie altyd korek nie. Ons het vergeet van die verantwoorlikeid wat op elke kanidaat se skouers rus om te voorsien dat ons nie aan on-opgewasse leiers-ontwilkkeling deel neem en so mieke-muis leiers en regerings grootmaak nie. Dan is ons besig om onself ‘n doek voor die oe te draai, en maak ons ‘n groot vout wat ons land duur te staan sal kom.

Ons lei leiers op deur aan hulle ‘n balkie te verskaf en aan hulle autoriteit te gee sonder dat hulle enige verantwoordelikheid het om daardie balkie te kan ontvang. En dan se ons aan hulle “jy is nou ‘n leier, gaan doen jou werk”. Ons is besig om leierskapseienskappe en -vaadighede te veruil vir status posisies, en ons stuur hierdie leiers waarvoor ons gelieg het oor waaroor leierskap werklik gaan die werled in met ‘n delusie dat hulle warlike leiers is. En dan wonder ons hoekom ons miekie-muis regerings het.

Hierdie brief is moontlik te laat geskryf, aangesien Oom se termyn by die skool aan ‘n eide staan, maar dit maak my hart baie seer om te weet dat ‘n generasie leiers uitgestuur is sonder om hulle voor te berei en toe te rus met werklike leierskapsvaardighede. Net omdat iemand volgers het maak dit hulle nie ‘n goeie leier nie. Hitler het baie volger gehad, net so Osama. Dit maak my hart seer om te besef dat die ouderlinge van ons gemeenskap se oë blind is om nie hierdie gevaar raak te sien nie. En dit maak my bang vir die land waarin my kinder moet groot word.

Dit is dus met gebede in my hart dat die onreg wat ons soms ons land nie-wetend aandoen omgekeer kan word met God se genade. Mag ons leer om ware leiers op te lei, wat gewerk het om in die posisie te mag staan om verkies te word as ‘n leier en nie net ‘n balkie en ‘n status ontvang nie. Mag ons leiers oplei wat die verantwoordelikheid moet neem om te kan kom waar hulle wil kom.

En oom Gert, ek hoop oom het nog baie lang jare oor op oom se plaas is ons glorie-ryke land.


God Seën Afrika.

No comments:

Post a Comment