Friday, March 5, 2010

Ha


Dandelions

OK ja, julle het seker al uit gefigure, ek kry nie my foto's op Picassa gelaai nie, so ek soek nou net evrskonings om my forots hier te paste vir vewing. Daai mooi sonsondergang fotos wat so slide show hier aan die kant van die Blog is nie regtig myne nie. Maar hierdie is. Een aand voor die son gaan sal het. So Die Bottervliegie het so mooi ge-pose.
Lyk my die ding van Blommetjies afneem is iets wat in die familie loop. Want ja, ek kan ook nie verby 'n blommetjie loop sonder om hom af te neem nie.
En dan is daar nog so paar, maar ek sal maar weer Picassa probeer

Barney-Muffins

Toe kry ek maar eerder Barney Muffins vir die volgende keer. Mens kan nie lekker sien nie, maar die Muffin self is Groen, met die lekker pers versiersuiker. Net jammer die versiersuiker wou orals heen loop!

My klerekas

'n Foto wat ek al 'n ruk terug al geneem het om my nuwe (nie meer so nuut) hemp af te show. My eerste self-gemaakte kragie-hemp. Daar is dae wat ek amper heeltemal uitgetooi is in self-klere, en dan voel ek heel trots op my Bernina Majien wat so baie gekos het om reg te maak, en wat se liggie nog steeds nie werk nie. Ek dink soms dit sal so lekker wees om my moeder hier te he oor so vakansitjie om resepte en patrone mee uit te ruil, en lekker stuff mee te maak... dalk moet julle almal maar 'n uittog na die Noorde maak in Junie?
Julle wat nie die wereld deur gaan hol of reis nie...

Monday, March 1, 2010

My Mielie Muffins



Ek wil die heeltyd my Mielie-Muffins wys, maar het aanmekaar probleme om die foto te laai. So hier is hulle nou. Dis wat mens bak as jy net sweetcorn en meel in die huis het. (nadat jy melk en eiers gaan steel het by jou land-lord:-) Tot my pap was op, kan jy nou oorvertel. Maar een ding om te onthou: waspapier moet nog steeds gespuit word, anders Bly helfde van die muffin op die papier agter!!!!