Monday, November 8, 2010

Temperatuur spring hier van een dag se 44 grade na 'n volgende se 20. Jy kry donderstrom, sonskyn, reen en blou lug sommer alles op dieselfde dag. Ek gaan slaap die anderdag met sterretjies in die hemelruim wat waak oor 'n bondel wasgoed op die draad, net om 2 uur later wakker gedonder en blits te word... ! Die dondestorms is nog iets om aan gewoond te raak...
My kamera is in die Kaap, so ek het nie prentjies om op te plak nie. Sorry.
pak een van die dae die lang pad Kaap toe aan met 'n vreemde motor en geleende petrol! 4 van ons ry 'n kar vir iemand anders af. Sien noggal uit, dink dit gaan pret wees. Lilly het nog nooit die see gesien nie, so scheme ons gaan baie tyd daar spandeer :-) as enige van julle kontakte het vir see-speletjies, laat weet maar.
Die kleintjies skryf nou elke dag tot 11h eksamen, en ons kan loop. Dis darm baie meer menslik as die normale ure van 6:45 tot 1:30! (begin tans 7:45).
So oggende loop ons die dorp plat, en kyk die son opkoms en geniet die lewe. En ek bry baie om geld te maak vir die kaap:-)

No comments:

Post a Comment