Monday, August 30, 2010

staak?

Except for the occasional visiting flea, it seems that my house is more or less flea free.
Ek moet bely, dit is baie moeilik om terug te kom skool toe na 2 dae se in die bed (huis:-) bly Donderdag en Vrydag. Nee, ek staak nie. Dit was a.g.v. ‘n virus/sinus/griep/lamte van lyf. So na 3 dae se absolute ontspanning van dik boeke lees, movies kyk en baie spinasie eet, en in en uit die bed klim soos die gier jou gryp, is dit moeilik om weer so vroeg uit die bed te klim. En met die vooruitsig van 3 dae se skoolgee sonder kinders, is die versoeking daar om aan te hou lees en movies te kyk:-)
Dink jouself nou net in in die skok wat mr Hansen (my ander vak-helfte hier by die skool) moes ervaar toe hy vanoggend vroeg van Pretoria terug ry, en aankom by ‘n skool sonder ‘n enkele kind, en amper geen onderwyser nie! Was dit die wegraping? Of ‘n kernbom waarskuwing?
Ongelukkig moes die skool die kinders versoek om nie skooltoe te kom tot Donderdag nie, aangesien die dreigemente hier buite die hek meer ernstig geword het teen die einde van verlede week.
Tot dusver was ons skool nog gespaar van die ergste, en buiten die geraas buite die hek (ver genoeg van die geboue af) en die baie polisiemanne in en om die skool, het ons nog gewoon aangegaan tot nou toe. Die meeste van die ander skole in en om Polokwane is al meer as twee weke gesluit.
Met die Here se genade word my salaris nie aan geraak nie, en ek voel amper soos ‘n buitestaander in die hele storie.
Intussen beplan ons Muffin kampe, jeug aande en vakansies.
En ja, indien jy gewonder het, ek woon in ‘n ongelooflike mooi plek.

No comments:

Post a Comment