Wednesday, January 20, 2010

my favourite 5 ster hotel

Ek sit hier by my favourite 5 ster hotel, en eet en drink so te se bottemless koffie en scones. Miskien is ek hUlle favourite ook:). O, en gebruik hulle internet. Ai, is dit nie priema nie. Ek wens nou ek het al my kamra gereedskap hier gehad, dan kon ek sommer 'n prentjie opsit van die uitsig.
So nou staan ek beter bekend as "juffrou van den Dool", of dan "ma'm/miss van den Dool"
Dis noggal cookoo crazy.
Die van julle wat nie weet nie, ek het 'n pos by een van die twee groot skole in Tzaneen aanvaar as 'n Lewensorientering onderwyseres, en spandeer nou my dae om voor 'n kaboedel tieners te staan en hulle van die lewe te vertel. Is dit nou vir jou 'n taak. Die vak is in 3 hoof bane verdeel, waarvan ek "waardes" of "citezenship" aanbied. Ek sien al die gr 10-12's in die skool (6 klasse per standerd) een keer in 6 dae, en die gr 9's 3 keer (hulle sien ek vir al die bane: waardes, beroepsvoorligting, en sport).
Ben Vorster is 'n redelike groot skool, met klasse van so groot as 42. As ek afrolwerk doen kyk almal my aan as ek se "OK Piet, 800 van die asb."
Dit is 'n uiters presterende skool, en met 'n 100% slaagsyfer in martiek en 74% matriekulasie vrystelling is ons veronderstel om een van die top staatskole in die land te wees. Of so iets.
So die behoefte aan disipliene van die skool se kant af is groot, alhoewel meeste kinders daarteen vas skop. Ek verstaan nog steeds nie hoekom kids dink dis cool om so dom as moontlik voor te kom nie.
Ek het sommer gou vir my 'n lekker stokkie aangeskaf, en slaan lustig voort op banke of enige ites wat geraas maak as ek aandag soek. (Die eerste een het in skerwe gespat vandag, maar gelukkig het ek net die periode voor dit twee ander by van die kids afgevat :-). As julle gewonder het, ek is baie streng.
Beplanning vir al die kids is cookoo crazy, en ek het besluit ek hou nie van die handboeke nie.... O O, so nou stel ek maar werkblaaie op en so.
Dan is daar dinge soos: interhuis sport, revue's, skool danse, personeel funksies, Die Personeel Kamer, saal byeenkomste, en al daai jazzzzzz. Ook sport toere, en aangesien ons so ver bly van almal en alles, raak enige byeenkoms sommer 'n uitstappie. Volgende naweek bv. Nespruit toe vir atletiek (wonder of daar taxi's van daar terug Tzaneen toe loop).
Oops....
Die Hotel se mense pak al op hier om my

1 comment:

  1. Cool! Lekker om te lees dat jy weer geskryf het. En, ek moet sĂȘ sus, eerder jy as ek. Gee my maar soet appeltjies en pruimpies. :-)

    ReplyDelete